Die aktrise Angelique Gerber en haar rugbyspeler-man, Jacques Potgieter, het Maandag by ’n Japanse hospitaal aangemeld vir hul eersteling se koms. Die seuntjie, wat soos sy pa Jacques sal heet, kan nou enige oomblik sy opwagting maak, vertel sy.

En dit blyk sy pappa is net so opgewonde:

“Besig om by die hospitaal in te boek! Kan nie meer wag om my klein yster te ontmoet nie! @angeliquegerber83 my engel, ek weet jy gaan amazing en sterk wees! Ek is heeltyd by jou so jy hoef nie bang te wees nie,” het hy by ’n foto van hulle en Angelique se ma, Lynette Stemmet, in die hospitaal op Instagram geskryf.

Die paartjie, wat in Junie getroud is, bly al ’n geruime tyd in Japan waar Jacques vir die Munakata Sanix Blues uitdraf.

Angelique deel al van die begin van haar swangerskap skattige foto’s van haar boepie en Huisgenoot kan ook nie meer wag om te sien hoe die mannetjie gaan lyk nie!