Die gewilde akteurspaar Altus Theart en Zetske van Pletzen kan nie genoeg kry van ouerskap nie! Dié tweetjies is steeds oorstelpt met hulle eersteling wat sowat twee maande gelede gebore is.

Die gelukkige ouers bederf hulle aanhangers behoorlik en deel gereeld die allerfraaiste foto’s van hulle kleinding in die sosiale media.

Ons engel uit die Hemel. So dankbaar vir n gesonde baba. #babyboy #newbornshoot @altustheart. Fotograaf: @salomien_smal

A photo posted by Zetske van Pletzen (@zetskevpletzen) on

Altus, wat tans bekend is vir sy rol in die sepie Getroud Met Rugby, het onlangs twee foto’s van “pa se seun” gedeel en Zetske het al ’n hele klompie kiekies van die glimlaggende rakker op Instagram gedeel.

Zetske, dogter van die ewe bekende akteurs Pierre van Pletzen en Elzette Maarschalk, skryf ook oor die uitdagings van moederskap en borsvoeding. skryf sy. Mammas, lees Zetske se volledige inskrywing hieronder en laat weet ons by web@huisgenoot.com hoe julle hierdie netelige ervaar.

Dinge wat ek geleer het die afgelope 2 MAANDE: Die moegheid raak beter. Halleluja! "Die baba gaan by ONS lewens inpas" - HAHA, mense wat dít sê het duidelik nog nie 'n baba gehad nie! EVENTUEEL ja, maar beslis nie in d eerste 2 maande nie! Babas het mood swings. Hul kan gaan van 0 tot 100 in 0,04 sekondes. Partykeer weet hul sélf nie of hul wil lag of huil nie. Borsvoeding is n kuns - 'n "skill" wat beide ma en baba moet leer. Dit vat deursettingsvermoë, geduld en oefening, maar practice makes perfect. As jy dit regkry, is dit wonderlik en spesiaal! As jy dit nie reg doen nie, kan dit verskriklik seer wees - ja, selfs ERGER as om op n LEGO te trap! Dis ongelooflik om te dink dat dít wat jou liggaam produseer is ál wat dit vat vir hierdie mensie om te groei. Ja daar is tye wat ek voel soos melkkoei, maar met só oulike kalfie, sal ek enigetyd n ? wees. Ek het geleer dat sleep deprivation mens se spraak kan aantas, soos toe ek vir Altus gevra het om vir my die water langs die bed te print. ? Twee is beter as een! Waardeer jou partner, want jy kan dit nie sonder hulle doen nie. "Slaap wanneer die baba slaap" is uitstekende raad! Maar nie altyd prakties nie. Wanneer die baba slaap is die enigste tyd wat jy dan het om te eet, stort, aan te trek, kos te maak, ens, ens.! En sodra jy uiteindelik kans kry om te gaan lê, is baba weer honger ? en dit bring my by die volgende ding wat ek geleer het: Babas het 'n 6th sense - hulle wéét wanneer jy in die bed klim, want dis dán wat hul begin huil. Hul weet ook wanneer jy haastig is, want dán is dit tyd vir n doek-ontploffing! Hulle is ook bekend daarvoor om skielik honger te raak sodra jy wil ry. Ek moes leer om okay te wees daarmee om nie altyd betyds te wees nie. Vir my is dit nogal 'n big deal omdat ek pynlik stiptelik is. ? Ek het geleer dat dit okay is om te erken jy sukkel en om hulp te vra. Dit maak jou nie 'n swak ma nie. Jy hét immers net twee hande! En gepraat van hande, ek het geleer om ALLES met EEN hand te doen. Ek kan nie glo hoeveel hy gegroei het die afgelope maand nie! My LIEFDE vir hierdie mensie GROEI by die dag. Partykeer voel dit of my hart gaan ontplof. #babyboy #2months #newmommy

A photo posted by Zetske van Pletzen (@zetskevpletzen) on