Hildegardt Whites, oftewel Bonita van 7de Laan, en manlief Kuba Silkiewitz het Dinsdag, 25 April, hul eersteling in die wêreld verwelkom.

Volgens Kuba was daar ’n paar komplikasies tydens geboorte maar hy het volle vertroue in die bekwame span pediaters wat na Miles omsien.

Miles gaan gelukkig nie ’n operasie nodig hê nie, maar Kuba sê sy lyfie moet kans kry om self te herstel oor die naweek.

Baie geluk, Hildegardt en Kuba! Ons glo klein Miles gaan kort voor lank jul huis op horings neem.

Kyk net hoe mooi het mamma Hildegardt gelyk in afwagting van Miles se koms.

Working my baby bump @sansuisummercup. Thank you so much for the stunning dress @anelbothac. Jy is die beste!?????

A post shared by Hildegardt Silkiewicz (@hildesilkiewicz) on

With my guy.??

A post shared by Hildegardt Silkiewicz (@hildesilkiewicz) on

En wat 'n heerlike terugflits is dit nie om te onthou toe Hildegardt en Kuba in 2012 op Sint Helenabaai met mekaar getrou het.