Tumisho Masha was vyf jaar lank aanbieder in die Top Billing-span.

Zozibini Mtongana, met wie hy in 2010 getrou het, beweer die 41-jarige ster is ’n dronkaard wat haar al verskeie kere geslaan het. Tumisho het die bewerings ontken.

Zozibini het omstreeks Augustus 2016 ’n tussentydse beskermingsbevel teen hom aangevra.

Hy sou haar glo in die maag skop, deur die gesig klap, aan haar hare trek, met ’n elmboog bydam en haar skelname noem.

Sy het ook beweer dat hy destyds haar selfoon gebreek het toe sy hulp wou ontbied.

Tumisho se reklamespan het in reaksie daarop in ’n mediaverklaring beweer Zozibini het die beskermingsbevel ná ’n gesinsdispuut aangevra.

#MCM #MzansiSNS #TumishoMasha #GibsonMosia Save the date: 10 Jan 2016, on #MzansiMagic at 20:00!

A post shared by MzansiMagic (@mzansimagic) on

“Mnr. Masha is daartoe verbind om die betrokke kwessies op die beste moontlike manier op te los, om sy dogter se ontwil. Hy bly ’n toegewyde pa vir hul pragtige dogter en ongeag hoe sake sal ontvou, sal sy dogter sy hoofprioriteit bly.”

Maar Zozibini staan vas by haar bewerings. Sy het vier dae gelede op Instagram meer besonderhede oor die beweerde mishandeling gedeel.
 
“Vandag ’n jaar gelede was daar ’n reuse-verandering in my lewe. Ek het een van my naaste vriende verloor, my ma is in die hospitaal opgeneem en my afwesige man het besluit om my weer aan te rand.

Ek was in ’n verhouding, ’n huwelik waar ek my vir mishandeling op alle vlakke oopgestel het.

"Ek het nie in die openbaar oor dié voorvalle gepraat nie. Al die kommentaar wat ek blykbaar gemaak het of vir vriende gesê het, is totale leuens deur die media.

“Dit is wanneer en hoe ek kies om my waarheid te deel. Ek is ’n oorlewende van mishandeling. Ek was voorheen ’n vrywilliger vir mishandeling. Ek was in ’n verhouding, ’n huwelik waar ek my vir mishandeling op alle vlakke oopgestel het.

Ek het nie geweet wat my waarde is nie. Ek was ’n vrywilliger.

“Ek het ’n man aanvaar wat my voor my baba, my familie, sy familie, sy vriende en in die openbaar sou afbreek. Ek het gebly by iemand wat voor my babadogter vir my sou sê hy was my grootste prestasie in die lewe en dat niemand my teen hom kan beskerm nie.

“Iemand wat my gestamp het terwyl ek ons baba vashou het en my aan my hare rondgesleep het terwyl sy aan my een been probeer vasklou. Ek het nie geweet wat my waarde is nie. Ek was ’n vrywilliger.

"Ek het geleer die enigste een wat jou uit so iets kan kry, is jyself. Vandag gedenk ek ’n jaar sedert die dag dat ek dapper geword het, die dag dat ek stappe gedoen het tot ware selfliefde. Dit is moeilik. Die waarheid is, niemand is net een ding nie.

Ek het geleer om nie meer ander mense eerste te stel nie.

“Hy is nie net mishandelend nie, en ek is meer as ’n slagoffer. Ek leer om myself te omarm en gaaf met myself te wees. Ek leer om myself lief te hê. Dit is moeilik, maar ek weet dit sal die moeite werd wees.

"Ek het geleer om nie meer ander mense eerste te stel nie. Op hierdie reis het ek mense verloor wat ek gedink het vriende was, maar hulle het ’n verbintenis met roem bo die waarheid gekies.

Ons duld mishandeling.

"Dit was vir my bevrydend om waarlik te weet wie my vriende is. Hulle is baie min. Die waarheid is dat dit ons samelewing se probleem is.

“Ons duld mishandeling.

“Ons duld dit, want dit is my seun, dit is my broer, dit is my neef of dit is my wat ook al. Die genesing moet in jou familie begin. Dit moet op alle vlakke onaanvaarbaar wees.

“Mense moet hulle daarteen uitspreek terwyl ons nog leef, nie oor ons dooie liggaam nie. Ek doen hierdie genesing op die beste manier wat ek kan en leef die waarheid dat ek goed, belangrik en gelief is.”

Today a year ago saw a huge change in my life. I had lost one of my closest friends, my mom was hospitalized and my absentee husband decided to yet again assault me. I have not spoken about these events publicly. All the comments I apparently made or told friends are total lies on the part of the media. This is when and how I chose to share my truth. I am an abuse survivor. I used to be an abuse volunteer. I was in a relationship, a marriage where I entertained abuse at all levels. I accepted a husband that would break me down in front of my baby, my family, his family, his friends and in public. I stayed with someone who would tell me in front of our baby girl that he was my biggest achievement in life and that no one can protect me from him. Someone who would shove me while I held our baby and drag me by my hair while she tried to hold on to my leg. I didn't know my worth. I was a volunteer. I've learnt that the only person that can get you out of such is yourself. Today marks a year of the day I became brave, the day I took steps to real self love. It's hard the truth is no one is one thing. He is not just abusive and I am more than a victim. I am learning to embrace myself and to be kind to myself. I am learning to love myself. It's hard, but I know it will be worth it. I have learnt not to put other people first anymore. In this journey I have lost people I thought were friends, but they opted for an association with fame as opposed to telling the truth. I have found it liberating to truly know who my friends are. They are very few??. The truth is that this is our society's issue. We tolerate abuse. We tolerate abuse because it's my son, it's my brother, it's my cousin or it's my whatever. The healing needs to start in your family. It needs to be unacceptable at all levels. It needs to be spoken against while we are still alive, not over our dead bodies. I'm doing this healing thing the best way I can and living the truth that I am good, I am important and I am loved????. #myemancipation #myjourneytohealing #youcanthealwhatyoudontreveal #brandnewme #changestartswithyou

A post shared by Zozi (@zozibinim) on

Tumisho se vrou van sewe jaar sê sy is nou sterker en op ’n beter plek.

Toe ons Tumisho om kommentaar vra nadat die oorspronklike bewerings oor mishandeling aan die lig gekom het, het hy erken hy en Zozibini het probleme, maar volgehou hy het nog nooit sy vrou geslaan nie.

Waarheid het balans, leuens is altyd eensydig.

In ’n oënskynlike terugkap na sy vrou op Instagram het Tumisho ’n aanhaling gedeel wat lui: “Selfs al hoor jy ’n slegte storie oor my, moet jy verstaan daar was ’n tyd toe ek goed was vir daardie mense, maar dit sal hulle nie vir jou vertel nie.”

Sy byskrif by die foto-aanhaling was: “Waarheid het balans, leuens is altyd eensydig.”

Truth has balance, lies are always one sided.

A post shared by Tumisho Masha (@tumishomasha) on

Meer oor Tumisho

Hy het in verskeie plaaslike televisiereekse, soos Gaz’lam, The Wild, Izoso Connexion, Jozi-H, Saints and Sinners, Crossroads en Isidingo verskyn. Tumisho het ook ’n rol in die fliek Beyond Borders (2003), met Angelina Jolie en Clive Owen, vertolk.

In 2004 vertolk hy die rol van Can Thembo in die fliek DRUM met Taye Diggs in die hoofrol.

Is jy 'n slagoffer van huishoudelike geweld?

Hier is organisasies wat kan help:

  • FAMSA (landwyd): Bel 011 975 7101, e-pos national@famsa.org.za of gaan na www.famsa.org.za vir inligting en hulp.
  • Lifeline (24-uur): 0861 322 322.
  • POWA (People Opposing Women Abuse):083 765 1235 of gaan na www.powa.co.za vir meer inligting en hulp.
  • Legal Aid South Africa: 0861 053 425 of besoek www.legal-aid.co.za vir bystand
  • Rape Crisis: 011 642 4345/ 021 447 9762.
  • SA Polisie-noodnommer: 10111

Bronne: you.co.za, drum.co.za, imdb.com