Die gewese Spice Girl Geri Halliwell het haar verlowing aan ’n Formule Een-spanbaas aangekondig.

Die 42-jarige ma van een het ’n kennisgewing in Brittanje se The Times geplaas om aan te kondig dat die baas van die Red Bull-renspan, met wie sy agt maande uitgaan, haar man gaan word.

Die aankondiging het nie ’n troudatum genoem nie.

Christian, soos Geri ’n Brit, het ’n eenjarige dogter by Beverley Allen.

Hy en Beverley is ses maande ná hul dogter, Olivia, se geboorte uitmekaar. Hulle was 14 jaar saam.

Bron: Sapa-AP /mjs