Ten spyte van die staat se vertoë dat die saak teen die modelagentskapbaas voortgesit moet word, is sy vonnisoplegging Dinsdag weer uitgestel.

Die staatsaanklaer, Arveena Persad, het in die Johannesburgse hooggeregshof gevra hoe lank dit nog uitgestel moet word.

De Villiers se verklaring tel onder die dokumente wat Persad nog nie ontvang het nie.

Adv. Riaan Greyling (vir De Villiers) het die versoek teengestaan dat sy kliënt se borgtog herroep word en gesê dit sal onbillik wees om De Villiers te penaliseer omdat sy geld opgeraak het.

Regter Cassim Moosa het beveel die ontbrekende transkripsie moet by die volgende verskyning teenwoordig wees. Die transkripsiepraktisyn sal ook weer moet getuig en verduidelik waarom die dokumente nie betyds aan die hof besorg is nie.

Die saak is tot 24 Julie 2017 uitgestel.

Agtergrond

De Villiers, stigter en eienaar van Modelling SA (MSA), is op 12 September 2013 in hegtenis geneem. Van die klagte wat toe teen hom aanhangig gemaak is, dateer terug tot in 2010.

Sy verhoor het in Augustus 2015 begin.

De Villiers was op borgtog van R15 000 uit tot, maar die staat het op 24 Mei versoek dat dit teruggetrek moet word. Die staatsaanklaer, Arveena Persad, het aangedui hy hou ’n risiko vir sy slagoffers in.

Hulle het opkomende en behoeftige modelle gehelp om aan skoonheidskompetisies deel te neem en skoonheidskompetisies aangebied.

Dominique Rensleigh (47), een van De Villiers se bedrogslagoffers en ook die man wat die seksskandaal met jong modelle in 2009 begin oopvlek het, het op 9 Februarie vanjaar gesê hy is bly die sage is eindelik verby. Dit was ’n dag nadat De Villiers skuldig bevind is.

Rensleigh het die model-en-talentagentskap Model Cup, ’n organisasie sonder winsbejag, gehad. Hulle het opkomende en behoeftige modelle gehelp om aan skoonheidskompetisies deel te neem en skoonheidskompetisies aangebied.

Hy vertel De Villiers het hom uit meer as R200 000 bedrieg nadat hy by dié agentskap betrokke geraak het.

Die 32 van 38 aanklagte waaraan De Villiers skuldig bevind is, was benewens die een klag van verkragting, verskeie van die blootstelling van ’n kind aan pornografie, onsedelike aanranding, seksuele aanvoringswerk, die besit van kinderpornografie en bedrog.

In die hof is aangevoer hy het die slagoffers gedwing om aan hom en voor hom aan hulself te vat.

Twee van die kinders aan wat hy na bewering aan pornografie blootgestel het, was onderskeidelik sewe en 10 jaar oud.

Sy het getuig sy was destyds “te verleë en geskok" om haar pa daarvan te vertel.


Een van die belangrikste getuies teen De Villiers was sy eksvrou. Sy het getuig sy het in 2009 eksplisiete foto's van een van sy slagoffers op sy rekenaar gekry.

’n Model wat ten tyde van die voorval 15 was, het getuig hy het haar gevra om hom items bymekaar te help kry vir ’n fotosessie.

De Villiers het die meisie glo ook betas en vir ’n kaal swemsessie genooi.


Hy het haar teen sy motor se kattebak vasgedruk en gesoen. Sy het getuig sy was destyds "te verleë en geskok" om haar pa daarvan te vertel. Haar pa wou glo ’n deel van De Villiers se besigheid koop.

De Villiers het die meisie glo ook betas en vir ’n kaal swemsessie genooi.

Volgens De Villiers het berigte in die media sy inkomste geknou. "Ek werk vir myself, en die impak van die media en alles wat rondom hierdie saak gebeur het, het my inkomste geraak."

Hy het ook destyds beweer die staatsgetuies en die joernaalprogram Carte Blanche het saamgesweer om sy en sy maatskappy se reputasie te vernietig.

Tydens sy verhoor is hy as ’n swak getuie bestempel en sy weergawe het heelwat teenstrydighede bevat, het regter Cassim Moosa vroeër tydens De Villiers se skuldigbevinding gesê.