Koningin Elizabeth II se gewese perssekretaris beskryf die rolprent Diana as tyd- en geldmors.

Dickie Arbiter het nou saamgewerk met die Britse koningin, die oorlede prinses en prins Charles. Hy voel hy het twee uur van sy tyd gemors om na die rolprent Diana te gaan kyk. Naomi Watts vertolk die hoofrol in dié bio-rolprent oor die prinses van Wallis.

Dickie het op Twitter geskryf: “Iets baie dom gedoen – na die fliek Diana gaan kyk. Tyd-, geld- en energiemors. Twee uur van my lewe vermors.”

Dickie het die media ten tyde van Diana se begrafnis in 2007 behartig. Hy het in 2000 afgetree en is nou ’n koninklike waarnemer en lektor.