Die Getroud met Rugby-aktrise, Nadia Beukes, en haar verloofde, David de Villiers, het onlangs ’n fotosessie vir hul verlowing gedoen. en onder meer geskryf: “Spesiale oomblikke saam met die man van my drome.”

Die pragtige paartjie trou later vanjaar.

Lees ook: Vyf vrae aan Nadia Beukes

“Ons wil graag hê die wittebrood moet in die somer wees,” het David, ’n Pretoriase sakeman, onlangs aan Huisgenoot gesê. In ’n onderhoud met Huisgenoot van 15 Oktober 2015 het Nadia vertel van hulle sprokie.

“Dis belangrik om die liefde ’n kans te gee,” het sy gesê.

nadia david Sy en David het mekaar deur gemeenskaplike vriende ontmoet toe sy by Montecasino ’n hoofrol in die musiekblyspel Liefling vertolk het. “Hy is ’n groot steunpilaar en het baie begrip vir wat ek doen,” het sy gesê. nadiadavidkyknet “Ons vul mekaar goed aan. Ek leer by hom baie van sake, en ek dink ek bring weer ’n sagter kant in hom na vore.”

Sedert Nadia nie meer Boer soek ’n Vrou-aanbieder is nie, het sy baie meer tyd om saam met David deur te bring. Sy is deesdae elke weeksaand op die kassie te sien as die empatieke sportsielkundige, Iva, in die nuwe kykNET-sepie Getroud met Rugby, en hoef nie meer die land plat te reis om boere te help liefde vind nie.
Lees ook: Die boere én die kassie se gunstelingnooi nou van die mark af! “Terwyl ander boere vroue soek, het ek my man gekry,” het sy onlangs by dié sepie se bekendstelling in Johannesburg vertel. Die aantreklike blondekop het bygevoeg hulle troubeplanning is volstoom aan die gang.

“Daar is nog baie goed om te doen, maar ek het darem al ’n rok.”

Toe sy in November 2014  nog enkellopend was, het sy vir Huisgenoot ’n lysie saamgestel van hoe haar ideale man moet lyk: “Hy moet ’n breë glimlag en ’n glinster in sy oë hê. Ek hou van ’n ware heer wat nog vir my sal deure oopmaak. Hy moet ook goedhartig wees en bereid om die groter prentjie in gedagte te hou. Hy moet hard werk vir wat hy wil bereik.”

Ons het einde verlede jaar die lysie aan haar herhaal en sy kon regmerkies langs elke eienskap maak.

“Daardie lysie het beslis uit my hart gekom. Dis ’n voorreg om regmerkies langs al die eienskappe te kan maak,” het sy gesê.

“Sien jy, ’n mens moet ’n kans waag. Drome word waar.”

Ander stories op Huisgenoot.com:

Die wonderlike rol waarop Sean Else die trotste is

Die Here is groot, sê Hayley se ouers nadat haar toestand verbeter

Bure slaags ná een ander se kietsie in strik vang