Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, het aan OFM gesê ’n onbevestigde getal gemeenskapslede het brandende bande en ander voorwerpe ingespan om hul ontevredenheid uit te spreek.

Die brandpunt van die protesaksie het by die kruising van Klerksdorpweg en die N14 plaasgevind en die roete was vir ’n geruime tyd gesluit vir verkeer.

Drie verdagtes is gisteraand in hegtenis geneem vir openbare geweld.

Luidens berigte is daar buiten munisipale dienslewering ook ontevredenheid oor die inlywing van die dorp by die Potchefstroomse munisipaliteit.

Die polisie het Woensdagoggend nog die situasie in Ventersdorp in die Noordwes gemonitor.