“Ons het nog nooit so ’n groot, swaar gewas gesien nie,” het dr. Gerhard Wolf van die universiteitshospitaal in Graz, in die suide van Oostenryk, in ’n nuuskonferensie gesê.

Die groeisel, wat glo nie kwaadaardig is nie, het oor baaie jare sonder die vrou se medewete ontwikkel, tot sy verlede maand dokter toe is met spysverteringsprobleme en kwaai pyn.

Die twee uur lange operasie het Vrydag plaasgevind en die pasiënt herstel goed en gaan binnekort ontslaan word, het dokters gesê. Maar die tamaai gewas gaan gehou word vir toetse.