Volgens ER24 het die man verskeie skietwonde opgedoen en is hy op die toneel dood verklaar.

Paramedici het langs die pad ’n ligte voertuig aangetref. Die slagoffer was voor in die voertuig.

Verkeer is erg deur die voorval vertraag. Foto: ER24

Daar word beweer ’n groep mans het  losgebrand op die voertuig, waarna dit die sypaadjie getref het.


Verkeer in die omgewing is erg ontwrig. Die polisieondersoek duur voort.