[caption id="attachment_161806" align="alignnone" width="600"]Die Sunfield Fortuna tehuis naby Balfour Foto: Sunfield Fortuna webwerf Die Sunfield Fortuna tehuis naby Balfour Foto: Sunfield Fortuna webwerf[/caption]

Die bende het Dinsdagaand tienuur op die Sunfield Fortuna-tehuis op ’n plaas naby Balfour toegeslaan, sê brig. Leonard Hlathi.

Vier van die rowers, wat reeds binne was, het ’n kontrakwerker en ’n bestuurder gedreig en hulle die agterdeur laat oopmaak om die ander drie in te laat.

Die kontrakwerker is met ’n koevoet geslaan en die twee is met kabelbinders vasgebind. Die bende het die huis deursoek en toe hulle niks van waarde kon kry nie, het hulle die bestuurder gedwing om ’n tjek uit te skryf.

Hulle het twee selfone gesteel en in die tehuis se Toyota Quantum weggekom. Die slagoffers het hulself losgekry en die polisie gebel.

Die Quantum is verlate langs die pad gevind. Die bende verkeer nog op vrye voet.

Balfour is reeds gespanne ná die moord op vier mense op ’n plaas in Februarie. Louis Smuts (48), sy 42-jarige vrou, Belinda, en sy ouers, Gert (78) en Paulina (77), is doodgeskiet op hul plaas, Modderbult.

Enigiemand met inligting oor die rooftog kan speurkonstabel Jabulani Madonsela by 071-036-6766 of die polisie se Misdaadlyn by 08600-10111 bel.

Bron: News24