Bruce Fordyce (61) het vroegoggend in Westville, Johannesburg, gedraf toe ’n motor langs hom stadiger begin ry en twee mans vuurwapens op hom rig, het eNCA berig.

“Ek het aanvanklik gedink hulle gaan aanwysings vra,” het Fordyce volgens IOL gesê. “Een van hulle het egter uitgeklim en my begin skop.” 

Die twee mans het weggekom met sy tekkies en horlosie.

Fordyce het egter nie toegelaat dat die aanslag hom onderkry nie.

“Die tekkies is oud en dit stink, so hulle het my eintlik ’n guns gedoen,” het hy volgens IOL gespot. “Hulle het seker gedink my tekkies en horlosie is meer werd.”

Rand Daily Mail berig Fordyce het ná die voorval verder geoefen.

“Ek het by die huis gekom, ander tekkies aangetrek en weer gaan draf,” het die atleet, wat die Comrades al nege keer gewen het, gesê. Hy het al sowat 30 keer aan die wedloop deelgeneem.

Fordyce het aan TimesLive gesê hy is wel spyt hy het nie hom nie meer teëgesit teen die mans nie.

Bronne: eNCA, Rand Daily Mail, IOL