Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 20-25 min.

4 hoenderborsfilette

4 ingelegde jalapeño’s, gekap

100 g cheddarkaas, grof gerasper

sout en vars gemaalde peper

30 ml (2 e) olyfolie

TAMATIESLAAI

3 tamaties, in skywe gesny

1 rooi-ui, in ringetjies gesny

60 ml (¼ k) olyfolie

15 ml (1 e) asyn

5 ml (1 t) strooisuiker

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Sny ’n opening in elke hoenderborsie en vul met die jalapeño’s en kaas. Steek met tandestokkies toe sodat die kaas nie kan uitloop nie.
  2. Geur die hoender aan alle kante met die sout en vars gemaalde peper. Pak op ’n bakplaat, sprinkel die olie oor en rooster 20-25 min. of tot gaar in die oond.
  3. Tamatieslaai Pak die tamaties en ui in lae op ’n slaaibord en geur met die sout en vars gemaalde peper. Klits die olie, asyn en strooisuiker saam en giet oor die slaai.
  4. Sny die hoender in skywe en sit voor saam met die slaai.