Hy het na bewering sy vriend Armandt Stoman (25) op 26 Januarie op ’n plaas by Aliwal-Noord per ongeluk met sy jaggeweer in die enkel geskiet. 

Brig. Marinda Mills, Oos-Kaapse provinsiale polisiewoordvoerder, het telefonies aan Huisgenoot.com gesê: “Dit het onder die polisie se aandag gekom dat ’n ooggetuie tydens die skietvoorval teenwoordig was.” 

Sy sê die getuie se verklaring moet nog bekom word. 

Maar bygevoeg: “(Dit) sal nie die aanklagte van die nalatige afvuur van ’n vuurwapen beïnvloed nie.” 

Johan was glo besig om sy jaggeweer te beveilig toe ’n skoot skielik afgaan. Armandt is in die verbygang beseer. Hy is vir behandeling na ’n Bloemfonteinse hospitaal gebring. 

Die ooggetuie se identiteit is nog nie bekendgemaak nie.