Dit was ’n aand met alles van mans in die knapste Speedo’s wat Sy Koninklike Hoogheid nog gesien het, akrobate wat in die Moulin Rougestyl aan die plafon hang en stinkrykes wat meer as R100 000 elk opgedok het om daar te kan wees.

Die geleentheid? Die hertog en hertogin van Cambridge se eerste amptelike afspraak as man en vrou. En hulle het hulle uitmuntend van hul taak gekwyt.Prins William was op sy aantreklikste in ’n aandpak en Catherine het gestraal in ’n rokwat elke winkel vir gewone siele in Engeland sekerlik nou sal naboots.

Haar glimmende perskekleurige blinkertjierok van net ’n raps meer as R40 000 is deur Jenny Packham ontwerp. Daarby het sy ’n paar pienk LK Bennett-hoëhakskoene van byna R2 000 gedra.

En natuurlik het die media haar uitrusting die volgende dag behoorlik onder die vergrootglas geplaas.

Lees meer hieroor in die Huisgenoot van 23 Junie. 

Volg Huisgenoot op Twitter.