Saans sit kykers vasgenael voor die kassie oor die intriges van ’n professionele rugbyspan in die gewilde sepie Getroud met rugby, maar, vertel ’n vrou wat al meer as ’n dekade lank met ’n man getroud is, wat aan ’n groot Suid-Afrikaanse rugbyunie verbonde is, vertel wat in dié sepie agter die skerms gebeur is niks in vergelyking met wat rugby-grasweduwees soos sy op ’n daaglikse basis moes deur maak nie.

[caption id="attachment_149823" align="alignnone" width="600"]Foto ter illustrasie: Pixabay Foto ter illustrasie: Pixabay[/caption]

“O, nee! In Getroud met rugby gaan die mans nooit eens weg nie. Hulle is altyd by die huis en ek sê jou nou, jou man is nóóit by die huis nie. In die reeks is hulle verlief en gelukkig. Hulle leef hulle in weelde. In die regte lewe is daar niks sulke dinge nie en dis nie happily forever after nie . . . Waar’s die kinders?

“Daar is nie kinders, wat daaronder moet ly nie . . .” sê die vrou, Tanya le Roux* van vroeg in die 40, waar sy op ’n hittige dag by haar werkplek ons bitter van haar veelbewoë huwelik met haar vervreemde man Jaco* vertel.

Tanya sal ruiterlik erken dat haar ontberings haar tot drank en slaappille gedryf, en sy by die rand van selfdood gedraai het.

Een Sondagaand laat hét sy nadat Jaco haar vir die naweek alleen in die huis toegesluit, die kinders by haar skoonma gaan aflaai en saam met sy rugbypelle gekuier het, ’n hele boks slaappille met ’n bottel droë wit wyn afgesluk.

Nadat sy haar broer laat weet het, wat sy gaan doen het haar mense haar net betyds by ’n hospitaal gekry om haar lewe te red. Maar dié episode was na die einde van ’n jarelange emosionele wipplank met ’n afwesige man wat getroud is met rugby . . .

‘Rugbymammas het my lewe begin versuur’

Dit was nie altyd so sleg nie, vertel Tanya, oor die begin jare van hul huwelik. “Dit was nie altyd maklik nie, maar ons was gelukkig,” vertel sy. Saam met hulle baie trauma beleef. ’n Paar jaar na hul troue is haar pa is oorlede en Jaco het sy werk verloor.

Sy het gehelp dat hulle ’n tweede verband op die huis uitleen en hy het ’n kursus gedoen om as agent vir onder meer rugbyspelers op te tree. Tanya vertel sy het benewens haar heeltydse werk, ander ekstra werkies gedoen en die erfgeld van haar pa gebruik om kop bo water te hou.

Jaco het as werwer begin werk. Dit sou behels dat hy na skole sou gaan om talentvolle spelers vir beurse te werf. Dit was hier waar die rugbymammas haar lewe sou versuur.

“In Getroud met rugby is daar nie rugbymammas langs die veld wat jou man wil afrokkel nie en laataand WhatsApp nie,” vertel sy hieroor.

“Ek wonder altyd, waar’s die rugbypa’s? Dis altyd die mammas. Het julle dit al gesien hoe skree hulle op ’n Saterdag langs die veld. Daai mammas is vir jou vicious hoor!” Maar as dit net by die skree gebly het. “Wanneer my man ’n seun werf sou hy daardie seun instop met nuwe tokse en klere, maar ek sou die eintlike borg wees.

Een Saterdag is sy saam rugby toe. Met hul aankoms het die vroue haar man oorval – tot hulle haar by hom gesien het.

“Dit was veronderstel om ’n fabulous dag langs die rugbyveld te wees, maar toe hulle my sien was dit glad nie so fabulous nie. Niemand het dan eers met ons gesels nie? Ja, natuurlik so bietjie ekstra aan hom gehang, maar dit was net om vir hulle te wys hy hét ’n vrou.”

Een aand ná nog ’n werksgeleentheid het haar man weer laat by die huis aangekom. Daar was ’n WhatsApp van ’n vrou. Sy het sy selfoon ongesiens gevat en haar gebel. “Jy het sulke oulike kinders, as jy nie jou man ondersteun in sy werk en sy loopbaan nie, hoekom is jy nog saam met hom?” het die vrou haar gesnou.

Haar man het later vir die rugbyunie begin werk en sy het gedink as haar lewe voorheen onder druk was, was dit nou erger as ooit. “Dit was hel,” vertel sy.

Haar man sou 05:00 die oggend al saam met die spelers gaan gym, saans na ’n werksdinee eers laataand. Soms glad nie. Een oggend toe hy weer in die oggendure huis toe kom en sy hom nie die aand in die hande kon kry nie, het iemand hom gebel. Dit was ’n vriend en kollega wat wou hoor of hy veilig tuis is.

“Die foon het nog net gelui, maar ek het besluit as ek nie hom kon bel nie, kan die vriend ook nie – ek het die foon stukkend gegooi.”

Sy sê wrang: “In Getroud met rugby sien jy nie eens Die Stryders se selfone nie . . .”

Tanya dink al was haar man nie ’n rugbyspeler nie, is hy altyd by hulle en toer saam met hulle. “Ek dink die rugbyspelers se vroue sal net nie so openlik daaroor praat nie omdat hul mans bekend is. Ek dink egter vir my is dit erger gewees. Darem het ’n rugbyspeler ’n rakleeftyd, iewers moet dit ophou, maar nie met my man nie. Hy kan werk dit vir solank as wat hulle hom daar wil hê.”

Dit was die feit dat haar man nooit tuis is nie, wat haar die ergste gevang het. “Dan is hy in Londen, dan is hy is Oos-Londen, dan in Port Elizabeth. Hy was nooit daar nie. Die min slaap het my gevang, veral toe ons jonger was. Ek het toe begin slaappille begin gebruik, ek sal dit erken. Ook saam met drank. Maar ek was nie die slegte ma, wat hy my sal uitmaak nie.”

‘Rugby het ons huwelik verwoes’

Hy sou haar baie keer in die huis toesluit, maar een naweek het sy net besluit – tot hiertoe en nie verder nie.

“Jaco het die kinders en my karsleutel saam gevat. Hy het die kinders by my skoonma gaan aflaai en is na sy rugbypelle.”

Sy vertel sy het haar selfoon by haar gehad, maar was te skaam om enigiemand te bel – selfs die polisie. Teen Sondagaand was sy rasend. Dit was die volgende dag ’n skooldag en Jaco-hulle was nog nie terug nie.

Toe sy hom bel het hy sy luidspreker aangesit sodat almal kan hoor. Sy kon die vroue hoor lag as sy hom vra wanneer kom hy huis toe.

“Hulle het my uitgejou en die spot met my gedryf. Dit was genoeg.” Later daardie aand het sy ’n oordosis slaappille met wyn gedrink. Sy was reeds bewusteloos toe familie haar bewusteloos aantref en red. Haar man was nog besig om te kuier.

Dit was die doodskoot vir hul huwelik.

“Ek se nie alle rugbymans is so nie, daar is wat elke beskikbare oomblik by hul families is, maar ek was nie so gelukkig nie. Rugby het ons huwelik verwoes. Ek kan nie eens daarna kyk.”

Tanya kyk wel nog Getroud met rugby op kykNET. Sy meen sy kan eintlik vir hulle ’n paar storielyne gee.