Die slagveld van sy tweede huwelik het Deon Opperman net drie vereistes vir die volgende mev. Opperman gehad: Sy moet vriendelik wees, in haar middel 30’s, en sy moet kinders wil hê. Nie eendag nie – nóú.

Anders, het hy besluit, moet sy nie eens na die oudisie kom nie.

Die dramaturg en vervaardiger van die kykNET-reeks Getroud met Rugby het 12 maande lank agter toe gordyne in sy huis sit en tob nadat sy huwelik met die aktrise Hanlie Rolfes in Desember 2008 dramaties aan skerwe gespat het.

Hy was terneergedruk en ‘‘in ’n donker plek’’, so asof daar nie meer ’n rede was om soggens op te staan nie.

Hy het gekyk na die skatte in sy luukse huis in die Johannesburgse rykmansbuurt Saxonwold en gedink: ‘‘Waarvoor is dié als? Ek wil vir iemand voorsien; my sin lê in dien. Ek het my doel verloor.’’

Dis hoekom hy einde verlede jaar ’n vriendin gebel het om te sê: ‘‘Ek is nou al lank alleen; ek wil iemand ontmoet.’’

Dié vriendin het haar “netwerk geaktiveer’’ en ’n toe-oë-afspraak gereël. En toe die donkerkopkunstenaar Marelize Landman (34) op 31 Desember verlede jaar ‘‘met haar ou karretjie’’ voor Deon (48) se huis parkeer, het hy geweet dis ’n kolskoot.

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 6 Mei 2010.