Theresa, wat ook ’n hip hop-kunstenaar is, was besig om aan boord te gaan van ’n pendelvlug vanaf San Diego toe personeel by die hek haar vertel het dis te laat om ’n rolstoel-oprit tussen die hek en die vliegtuig op te stel. Theresa moes toe uit haar rolstoel klim en voor dosyne passasiers na haar sitplek kruip.
'Dit was pynlik om deur meer as 50 mense dopgehou te word.'

“Ek was verneder. Dit was pynlik om deur meer as 50 mense dopgehou te word terwyl jy ’n vliegtuig binnekruip,” het sy aan KHON2 gesê.

“Julle sou nie daarvan gehou het om te kyk hoe ’n familielid ’n vliegtuig binnekruip nie.”

Die redery het verskoning gevra vir die voorval, maar weier om Theresa te vergoed.

“Dankie vir u eisbrief namens Theresa Purcell. American Airlines gaan nie enige vergoeding weens u kliënt se beseringseis toestaan nie,” het die lugredery geantwoord.

Theresa hoop ’n hofgeding sal hulle ’n les leer en keer dat so iets weer gebeur.

Bronne: dailymail.co.uk, news.com.au