Hy het die kierie gebruik om die rem- en versnellerpedaal te beheer, het die polisie gesê.

Die 32-jarige man, wat nie die gebruik van sy bene het nie, het ’n rybewys wat hom toelaat om ’n motor met handkontroles te bestuur.

“Uiteraard was dit iets verrassends om op af te kom; die man se blatante verontagsaming van sy eie veiligheid en die veiligheid van ander padgebruikers is skokkend,” het sers. Mark Fleming van Counties Manukau se padpolisiëringseenheid gesê.

“Dit is onmoontlik om ’n motor so veilig te bestuur.”

Die polisie het gesê daar was twee passasiers saam met die man in die motor wat nie een ’n rybewys het nie.

Die man, wat nie in die publiek kommentaar oor die voorval gelewer het nie, is van gevaarlik bestuur aangekla, en sal na verwagting volgende maand in die hof verskyn, het die webtuiste Stuff.co.nz gesê.