Lt-kol. Thulani Zwane sê Sheila is in Molweni gevind en die egpaar se motor in KwaDabeka. Sheila en John (89) was in Sarnia-straat toe drie mans hulle Donderdag genader het.

John is is twee keer geskiet - een keer in die gesig en ’n tweede keer in sy bolyf. Die verdagtes het egter met Sheila nog in die motor weggery.

’n Taakspan bestaande uit polisie- en buurtwaglede asook vrywilligers het onmiddellik ’n groot soektog van stapel gestuur. Sheila is kort na die voorval met geringe beserings gevind.

Sy en John na die hospitaal geneem vir verdere mediese versorging.

Bronne: bluesecurity.co.za, news24.com