Die beweerde verkragting het in November verlede jaar plaasgevind.

Die kind, wat ’n ontwikkelingsagterstand van sowat drie jaar as gevolg van sy gebrek het, ly ook aan epilepsie.

Die kind se ouma sê hulle het lont geruik toe die kind een dag ná skool huis toe kom en skielik anders opgetree het.

“Ek het daardie dag gedink die kind is moeg en het sy ma gevra om hom te bad. Dis toe dat hy oor die geheimsinnige man begin praat en vertel hoe die man ‘perdjie’ op sy rug gespeel het.”

Die hartseer ouma vertel ook dat die skool volhou dat daar niemand met daardie naam by die skool werksaam is nie.

Hulle het agterdogtig geraak en die kind na ’n dokter geneem.

“Die dokter het bevestig dat die kind wel gepenetreer is. Hy is erg deur die voorval getraumatiseer en was vanjaar slegs drie weke lank by die skool.”

’n Saak van seksuele mishandeling is by die WKOD aanhangig gemaak.

Die hartseer ouma vertel ookdie skool hou vol dat niemand met daardie naam (die opsigter se naam) by die skool werksaam is nie.

Jessica Shelver, ’n woordvoerder vir die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD), sê ’n saak van seksuele mishandeling is by die WKOD aanhangig gemaak en dit het aandag verkry ingevolge die departement se Abuse No More-protokol.

“Die verdagte wat deur die leerder geïdentifiseer is, is nie bekend aan die skool nie. Die leerling se saak is na die aangewese kinderbeskermingsagentskap, Kinderwelsyn, verwys vir ondersoek.”

Jessica sê die kind ontvang berading.

Simptome wat moontlik op misbruik/mishandeling kan dui

Hierdie is maar net 'n paar van die simptome waarop ouers en versorgers bedag moet wees. Dit bly belangrik om deurentyd positiewe aandag aan jou kind te bestee en 'n goeie kommunikasiekanaal tussen julle te vestig en te volhou.

Luister na wat jou kind vir jou sê en soms nie sê nie. As enige van die simptome hieronder gelys opduik, moet daar dadelik aandag aan gegee word.

  • Nagmerries of ander versteurde slaappatrone sonder enige rede.
  • Onverklaarbare afsydigheid en afgetrokkenheid.
  • 'n Skielike verandering in eetpatrone.
  • 'n Kind mag selfs weier om te eet.
  • Gedragsveranderinge, soos aggressie, tree in.
  • Die kind ontwikkel ’n vrees vir sekere mense of plekke.
  • Weier volstrek om oor ’n geheim te praat wat hy/sy met ’n ander persoon deel. Die ander persoon kan 'n tiener of 'n ouer persoon wees.

Belangrike nommers om byderhand te hou

  • Crime Stop: 08600-10111
  • Kinderwelsyn: 021-638-3127
  • Departement van maatskaplike ontwikkeling: 021-483-9217

Bronne: Daily Voice, Stop it Now