large_starters6

Jou benodighede:

6 groot, plat sampioene

100 g babaspinasieblare, gesnipper

37 ml (2½ e) olyfolie

50 g repiespek, gekap

1 klein ui, fyn gekap

1 eiergeel, geklits

30 ml (2 e) broodkrummels

2 ml (½ t) oregano (verkieslik vars)

sout en vars gemaalde swartpeper

75 g fetakaas, gekrummel

Voorverhit die oond se roosterelement. Vee die sampioene af en verwyder die stingels en kap dit fyn. Blansjeer die spinasie 1-2 min. in kookwater. Sit onmiddellik in koue water en dreineer goed. Verhit 15 ml (1 e) van die olyfolie en bak die spek en ui tot bruin. Verwyder van die hitte en roer die gekapte sampioenstingels spinasie, eiergeel, broodkrummels en oregano by. Smeer die sampioene met die oorblywende olyfolie en lepel die mengsel in. Krummel die fetakaas oor en rooster 3-5 min. of tot goudbruin.

Besoek Checkers vir nog heerlike resepte.