Die eienaar van ’n gesteelde rekenaar weet nou presies hoe lyk sy kosbare besitting se nuwe baas, omdat hy voor die diefstal ’n app geïnstalleer het wat in die geheim foto’s neem en dit dan aan hom stuur.

Dom Deltorto, wat in die noorde van Londen woon, het die sagteware Hidden App op sy rekenaar geïnstalleer vir in geval sy rekenaar gesteel word. Nou kry Dom foto’s wat deur middel van die rekenaar se ingeboude kamera geneem word.

Die rekenaar kan Dom ook vertel waar hy is en het bekendgemaak dat die nuwe eienaars ’n gesin is wat in Iran woon.

Alhoewel die plaaslike polisie die saak by Interpol aangemeld het, het hulle gewaarsku dat die saak waarskynlik nie voorkeur sal geniet nie.

- Bang Showbiz