Die gesin het Dinsdag die hut as vermis by die polisie aangemeld. Donderdag is dit op brugpylers sowat 16 km van sy oorspronklike ligging gevind. Hoewel die polisie ’n paar verdagtes in gedagte het, kan hul identiteit nog nie bekendgemaak word nie. Hulle vermoed die hutdiewe was van plan om daarin te woon. Die owerheid probeer nog vasstel hoe die diewe dit reggekry het om die hele hut te steel.

Bronne: spokesman.com, Yahoo News, AP, FOX News