Sedertdien verkeer Nora in ’n medies geïnduseerde koma in die Minneapolis-kinderhospitaal. Ná haar beroerte het hulle uitgevind sy ly aan ’n sonderlinge ongeneeslike siekte wat ook ’n kort lewensverwagting tot gevolg sal hê: pulmonêre hipertensie.

[caption id="attachment_124748" align="aligncenter" width="600"]Foto: Facebook (Nora Hall, Miracle Baby) Foto: Facebook (Nora Hall, Miracle Baby)[/caption]

Op 10 April deel Mary Hall op haar blog die gesin se stryd om kop bo water te hou. Haar man, John, moes een van sy twee werke laat vaar om meer tyd saam met Nora te kan deurbring. Mary self het in 2012 haar werk verloor.

[caption id="attachment_124745" align="aligncenter" width="600"]Foto: Facebook (Nora Hall, Miracle Baby) Foto: Facebook (Nora Hall, Miracle Baby)[/caption]

“Ons is gedehidreer en ons vel is rou van ons trane. Maar ons hoop sy kan steeds herstel,” skryf Mary op haar blog.

Op Saterdag, 30 April, moes haar ouers, Mary en John Hall, een van die hartverskeurendste besluite ooit in hul lewe neem: om die lewensondersteunende toerusting wat hul babatjie aan die lewe hou, af te skakel. Haar brein is in hierdie stadium so beskadig dat dit nie langer haar liggaam kan aktiveer om asem te haal nie.

[caption id="attachment_124746" align="aligncenter" width="600"]Foto: Facebook (Nora Hall, Miracle Baby) Foto: Facebook (Nora Hall, Miracle Baby)[/caption]

“Ons harte is so geheel en al gebreek. Ons wêreld is versplinter. Ons is ten gronde en ons is seer oor ons babadogtertjie. “Ons het so hard probeer om haar te red, maar dit was net nie bedoel om te wees nie,” het sy hul hartverskeurende besluit met vriende en familie op Facebook gedeel. Maar iets wat hulle deur hierdie donker dae verstom het, was die ongelooflike steun wat hulle ontvang uit ’n onverwagte oord: hul twee bassethonde wat volstrek weier om Nora alleen te laat. Gelukkig laat die hospitaal die twee toe om by Nora te wees. “Ek kan sien hulle is baie gespanne en hartseer,” het Mary gesê. Nadat sy aanvanklik nie die honde daar wou hê nie, besef sy dat hulle almal baat vind by die twee dieremaats se emosionele steun.

Op die geslote Facebookblad The Wonderful World of Basset Hounds het Mary gesê hulle het besluit om die twee saam met hulle by Nora te hou. Hulle is reeds agt jaar lank deel van die Hall-huishouding en Mary vind hul teenwoordigheid ook “vertroostend”. Hulle voel ook dat die twee bassetvriende meer gespanne sal wees as almal rondom hulle gespanne is. Deur hulle by Nora te hou sal hulle daar wees as sy gaan en nie verward word omdat sy weg is nie.

A photo posted by Kelly Ranta (@miz_kelly_ann) on

Bronne: aww.com.au, facebook.com, inquistr.com

Ander stories op Huisgenoot.com:

Man ry 1400 km ver om 15 bakke KFC vir sy vrou op hul vyftiende huweliksherdening te koop!

Dit gons vandag landwyd in die howe met drie hoëprofielsake

Die porsiebeheerdieet – die dieet wat werk!

Kyk: Die kietsie skrik g’n niks vir water en reis boonop om die wêreld!

‘Hulle help my deur my donkerste tye’: Jong kwadrupleeg spandeer haar lewe om soos Barbie en Britney Spears te lyk

Kyk: Dis hoekom jy Wagter liefs nie ’n drukkie moet gee nie!