Die veelsydige akteur was een daardie verkleurmannetjie-karakters wat enige rol sy rol gemaak het – van ernstig tot lighartig, aangenaam tot absolute skurk.

Van die bekendste flieks waarin hy verskyn het, is District 9, The Bang Bang Club en onlangs in die televisie-reeks Black Sails.

Greg Melvill-Smith het volgens Channel24 Dinsdagaand gesterf. Ander sal hom onthou as die Australiese Bruce in Leon Schuster se Oh Schuks . . . I’m Gatvol en as Jaws Farrah in nog ’n Schuster-fliek, Mr. Bones. Hy het ook gasverskynings in 7de Laan en Isidingo gemaak, die rol van Smith in Die Vierde Kabinet, Nathan in One Way, Mnr. Edwards in Binnelanders en Bernhardt de Witt in Roer Jou Voete op televisie vertolk

Hier is ’n paar van die huldeblyke op Twitter:

Ander stories op Huisgenoot.com

Raaisel om rits skokmoorde op Krugersdorp verdiep

80 honde en katte van kant gemaak nadat DBV se hokruimte opraak

Groot nuus vir sepieliefhebbers

Ma probeer kind se moord verdoesel en beskuldig 7-jarige: ‘Jy het hom doodgemaak’

Kyk: Mense vorm ‘trampolien’ om gesin uit brandende woonstelblok te red

Wêreld se eerste 3D-gedrukte motorfiets lig soos ’n veer