fudge

(Maak 1 skinkbord)

Bestanddele:

400 g kondensmelk

150 ml volroommelk

500 g demerarasuiker (bruinsuiker)

120 g botter

1½ tsp. sout

1 tsp. Vanieljepeul-ekstrak

Verhit die kondensmlke, volroommelk, demerarasuiker en botter in ’n pan. Laat dit kook terwyl jy roer, en laat sowat 15 minute prut. Roer deurentyd.

Voeg een teelepel sout en die vanieljepeul-ekstrak by en hou aan roer.

Smeer ’n oondpan goed met botter en giet die mengsel in die  pan.

Laat dit afkoel en sprinkel ’n halwe teelepel sout oor die mengsel.

Opdienvoorstel:

Sny in blokkies en sit voor op bakpapier. Dit sal ook ’n oulike geskenk maak!

Resep deur: Your Little Blog

Resep se ontwikkeling: Jaun Laubscher

Fotograaf: Vörsprung Studio

Vir hierdie en ander resepte, besoek Checkers.