Sy’s desperaat, sy’s 12 jaar oud en en die arme Katelyn Thornley van Angleton in Texas nies gemiddeld 12 000 keer per dag.

“Dit het aanvanklik in klein sarsies gebeur. Ek het net begin nies. Ek het gedink dit was, ag wel, ek’s allergies vir iets,” vertel sy tussen die niesbuie deur.

Nou verkeer sy voortdurend in pyn, selfs haar bene het verswak en sy kan kwalik eet. Dokters is stomgeslaan en het tot nou toe nog nie ‘n oplossing om haar ellende stop te sit nie.

Die enigste tyd wat Katelyn nie nies nie, is slaaptyd. Maar dan eers na ‘n dosis Benadryl en ‘n luistersessie na die Beatles.

Bronne: YouTube, CBS News