Die internet is die afgelope paar jaar oorvloei met video’s van die sogenaamde sterkste seuns ter wêreld. Die seuns (nou onderskeidelik sewe en nege jaar oud) verskyn in die video’s waar hulle bultende spiere wys terwyl hul pa gehoor kan word; hy moedig hulle in die agtergrond aan.

Maar die 35-jarige Iulian Stroe van Roemenië het onder kritiek deurgeloop van ouers die hele wêreld oor wat sê hulle is bekommerd oor die kindersl; ’n maatskaplike werker het selfs verlede jaar ’n klag teen hom gelê.

Die gesin het blykbaar verlede jaar na Italië probeer verhuis, maar kon hulself nie onderhou nie en het na hul tuisland teruggekeer, waar Iulian in die skrootmetaalbedryf werk. Hy sê hy is nou op soek na ’n Britse borg vir die seun.

Die broers, Giuliano en Claudiu, het aandag getrek toe daar twee jaar gelede ’n video van hulle op YouTube gelaai is. Die twee het op tweejarige ouderdom begin gewigte optel en oefen twee uur per dag saam met hul pa, self ’n gewigopteller. Ouboet Giuliano het reeds twee wêreldrekords agter sy naam: die vinnigste 10 m-handloop met ’n gewigbal tussen sy bene en die meeste getal 90 °-opstote.

Natuurlik is nie almal beïndruk met die seuns se prestasies nie. Baie ouers kritiseer Iulian en meen die geoefen stel die seuns se gesondheid in gevaar.

In 2013 het maatskaplike werkers die hof gevra om die seuns in hul sorg te plaas en het ’n klag teen Iulian gelê. Iulian het eindelik weer toesig oor sy kinders teruggekry en hy en sy vrou ontken bewerings van kindermishandeling heftig. “Hulle het ’n natuurlike aanleg hiervoor; dit is die Here se wil.”

Kyk hier na die 2012-video van die seuns, asook die jongste video, waarin Giuliano sy gespierde lyf wys.

Bronne: vice.com, nydailynews.com, huffingtonpost.com

  • Klik hier vir kennersraad oor die verskil tussen uitnemendheid aanmoedig en jou kinders te hard druk.

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.