'n Lekker alternatief vir ongesonde souse en smere!

(Maak sowat een koppie)

Bestanddele:

220 ml lae-vet jogurt

20 ml witasyn

1 teelepel mosterd

Knippie sout

Meng die bestanddele deeglik in 'n bak en stoor in 'n lugdigte houer in die koelkas.

Vir 'n sterker geur, kan jy meer mosterd byvoeg. Meng ook speserye en kruie by die sous in wanneer jy dit as bykos vir spesifieke geregte maak.

Eesep deur: Sound Bites Nutrition Course Material

Vir hierdie en ander resepte, besoek Checkers.