Bekende teaterregisseurs en regters was al ontvangers van die prys. Maar vanjaar is dit’n perd van ’n ander kleur, want dis niemand minder nie as die vrypostige, uitgeproke en gewilde Miss Piggy van Muppet-faam.
Sy sê Miss Piggy verpersoonlik “gees, uithouvermoë en durf” en het miljoene lesse geleer oor hoe om moeilike tye te oorkom.

Die stigter van die Elizabeth Sackler-sentrum vir Feministiese Kuns het die sentrum en die prys na haarself genoem.

Sy sê Miss Piggy verpersoonlik “gees, uithouvermoë en durf” en het miljoene lesse geleer oor hoe om moeilike tye te oorkom.

Miss Piggy is glo baie in haar noppies met die prys, en Kermit die Padda sal glo daar wees aan haar sy om dit te ontvang.

Bronne: AP, Yahoo News