Benewens sy ontwikkeling van resepte vir susterstydskrif DRUM, is Hope ook die persoon wat elke week seker maak ons het wonderlike watertand-wenresepte om met julle op ons webwerf, Facebook en Twitter te deel. Hope het die toekenning in die kategorie vir Kosskrywers: Weeklikse Tydskrifte en Koerante ontvang.

"Die standaard van die inskrywings was weer eens hoog vanjaar. Alhoewel ek vir 'n paar jaar reeds 'n Galliova-toekenningsbeoordelaar is, is elke jaar anders. Vanjaar was dit goed om nuwe, jong joernaliste te sien deelneem," sê Dorah Sitole. Sy het ook genoem dat sy veral op die uitkyk was vir kosskrywers wat uit hul hart met hul lesers deel.

En Hope? "Ek het dit werklikwaar nie verwag nie, maar is so bly dat die eer my vanjaar toegeval het"