Margot Robbie (26) en Tom Ackerley is na bewering in haar geboorteland getroud.

[caption id="attachment_151818" align="alignnone" width="600"]Margot Robbie (Foto: WENN.com) Margot Robbie (Foto: WENN.com)[/caption]
Die aktrise het ook het die gerugte beaam met ’n foto van ’n ring wat sy op die sosialemedia-platform Instagram gedeel het.

A photo posted by @margotrobbie on

Margot is vervreem van haar pa, Doug Robbie; haar ma, Sarie Kessler, het haar glo weggegee. Haar suster, Anya Robbie, was haar strooimeisie. Hul broers, Lachlan en Cameron Robbie, was ook deel van die gevolg.

Die aktrise se verteenwoordiger het nog nie op die berigte gereageer nie, maar Margot is verlede week gesien toe sy ’n T-hemp dra met ’n die veelseggende woorde “Say ‘I do’ Down Under” daarop.

Die bruidegom se broer, James, het glo ook in die sosiale media foto’s geplaas wat geneem is in die gewilde Harvest Newrybar, waar die huweliksonthaal glo gehou is.

Margot, wat haar tyd tussen Los Angeles en haar tuiste in Londen verdeel, en Tom gaan al uit sedert hulle mekaar in 2013 op die stel van Suite Française ontmoet het. Tom was die assistentregisseur van dié drama uit die Tweede Wêreldoorlog.

Die afgelope jaar is baie oor die verhouding geskinder. In vroeëre berigte is bespiegel die twee is in die geheim getroud nadat hulle in die somer van 2015 tydens ’n uitstappie eenderse goue ringe aan hul linkerringvingers gedra het.

Daar is toe gesê hulle het vroeër in 2016 verloof geraak, maar Margot het in Augustus beklemtoon sy is te besig om aan die volgende stap in hul verhouding te dink.

“Op die oomblik kan ek nie eens een dag verlof neem nie; daardie soort ding moet maar eers wag,” het sy toe spottenderwys aan die Amerikaanse nuusblad Extra gesê.

As die trougerugte waar is, sal dit hul albei se eerste huwelik wees.

– Cover Media