As dit van dié manne afhang, is jy al halfpad daar as jy op Facebook is. Kyk wat is hulle vrouvang-strategie:

Huisgenoot het by die hartebreker aangeklop om te hoor hoe dit deesdae met hom gaan en ’n bietjie meer van hom te hore gekom.

[caption id="attachment_122646" align="alignnone" width="600"]Stefan Ludik (Foto: Verskaf) Stefan Ludik (Foto: Verskaf)[/caption]

Wat/wie het die liedjie Boerenooi geïnspireer?

Almal bly vra of daar ’n spesiale meisie is en . . . omdat Elvis Se Seun van die plaas af kom, het ek dit goed gedink om vir hom ’n boerenooi te kry.

Van die os op die jas, is daar deesdae ’n “boerenooi” in jou lewe?

Ek is ongelooflik besig en geen meisie sal met so min tyd tevrede wees nie; dus nee, daar is nie ’n vaste nooientjie nie. Ek het wel ’n baie goeie vriendin saam met wie ek soms kuier en ook soms na gesellighede gaan. (Het ons reggeraai toe ons verlede maand gewonder het wat tussen Stefan en Anelle Bester aangaan?)

Mis jy dit om op die kassie te verskyn en is daar ’n sprake van ’n terugkeer?

Ek mis dit beslis en ek hoop om weer terug te keer kassie toe. Gustav is nie dood nie en kan dalk gou weer in Binnelanders met ’n splinternuwe storielyn verskyn . . .

Jy het nou jou volwaardig “geskuif” van akteur na sanger. Wat mis jy van akteur-wees? En hoekom het jy jou fokus na sang verskuif?

Ek mis my “familie”, hoewel ons nog baie saamkuier. Ek mis die grappies, die lekker kos en ook om my lyf akteur te hou. Musiek, sowel as akteur-wees, is my passies. Daar is egter nou genoeg tyd om al my tyd en aandag in my musiek te belê en dit help baie. Wanneer jy albei doen, moet jy soms elemente afskeep aangesien daar net soveel uur in ’n dag (en nag) is.

Lees ook: Skokaankondiging oor Paula van 7de Laan

Waar en by wie voel jy op jou gemaklikste en hoekom?

My eie huis is vir my ’n veilige hawe. Ek en my broer woon saam, en ons woon in vrede saam en geniet ons samesyn. Dan ook maar by my familie; my ouers is albei nog jonk (56 in Augustus), en ons kuier ’n hond uit ’n bos wanneer ons saam is – hier in Johannesburg of by ons vakansiehuis op Langstrand aan die Namibiese kus.

Beskryf die plek waar jy voel jy is nou by die huis.

Ek is reeds 13 jaar in Johannesburg en dit het my huis geword. Soos ek gesê het, woon ek en my broer saam en dan ook my drie hondjies. Ek geniet dit baie om in die tuin te werk en bring ook baie tyd saam met my diere deur. Ek hou nie daarvan om van die huis weg te wees nie, behalwe Desembermaande wanneer ons (diere inkluis) sak en pak opry Namibië toe vir vakansie.

Waar sal jy die graagste in die wêreld wil optree en hoekom?

Ek sou graag weer in Amsterdam wil optree as Elvis Se Seun omdat dit so ’n wonderlike ervaring was verlede jaar!

– Annami Mailovich

Ander stories op Huisgenoot.com

Kyk: Hugh Jackman maak lieflike huldeblyk aan sy vrou op hul 20ste huweliksherdenking

Van kaalvoet-kannetjie tot Bokke se ‘coach’: So het Allister Coetzee se loopbaan verloop

Boklegendes en rugbykenners sê hul sê oor nuwe Bokbreier

Kyk: Kleuter in die pad veroorsaak ontstellende vragmotorongeluk

102-jarige vrou stralend oor graad wat sy ontvang 60 jaar nadat sy daarmee begin het