Net toe jy jouself tuis maak en begin ontspan, merk jy skielik twee kaal voete in die sitplek langs jou! Boeglam geskrik en uit jou gemaksone geruk – hoe sal jy reageer?

Wel, Jessie Char het haarself in hierdie ongemaklike situasie bevind en die reaksie in die sosiale media was skreeusnaaks!

Jessie het na die ervaring as ’n “nagmerrie” verwys en het ’n foto daarvan op Twitter gedeel.

Asof dit nie genoeg was nie, maak Jessie toe nog ’n skreeusnaakse onthulling: Die voet het uitgereik en die vensterklap gelig!

Die twiet het gemengde reaksies ontlok, maar almal was dit eens – sulke soort gedrag is totaal onaanvaarbaar op openbare vervoer.

Jessie het gelukkig haar bestemming ongedeerd bereik ná haar “nagmerrie-ervaring”, maar een ding is seker: Daai voete sal haar ’n hele ruk bybly.