Stel jou voor jy word wakker, gereed om die nuwe jaar aan te durf, maar wanneer jy jou voordeur oopmaak, loop jy jou teen 'n ondeurdringbare versperring vas!

[caption id="attachment_152859" align="aligncenter" width="600"]Foto: Pixabay Foto: Pixabay[/caption]

Dit is die nare lot wat 'n man van Mainhausen naby Frankfurt in Duitsland getref het toe hy die afgelope week vasstel iemand het oornag 'n baksteenmuur voor sy huis se voordeur gebou. Die muur is glo Maandagaand opgerig.

"Die man het die oggend sy voordeur oopgemaak en voor 'n muur gestaan. Of dit 'n speletjie of 'n nare grap is, weet ons nie," het 'n polisiebeampte gesê.

"Dit het my aan die Berlynse Muur herinner. Dié muur is ook taamlik vinnig gebou," het 'n polisieman aan die Duitse koerant Hessenschau gesê. Die persoon wat oornag die muur gebou het, is steeds onbekend en dit is onseker of dit 'n poets is.

Tog beklemtoon die polisie dat die vreemde muur geen grap is nie en word die skade aan die man se huis op meer as R7 000 beraam.

"Dis 'n misdaad," sê hulle, "nie 'n grap nie."

Dis nie duidelik hoe die man eindelik uit sy huis ontsnap het nie. En of die muur intussen afgebreek is nie.

Bronne: Hessenschau, BBC, ITV,