Die inwoners moes inderhaas hul woonstel ontruim terwyl die reuk van rook swaar in die lug gehang het en lekkende vlamme duidelik op die balkon te bespeur was.

’n Geskokte inwoner van die Mimosa-woonstelblok in Seepunt sê die blok is ontruim nadat die woonstel vlam gevat het .

Hy en ander inwoners het die hasepad gekies en op die sypaadjie in Beach Road vergader terwyl hulle net kon hoop dat hul eie blyplek die vernietiging gespaar sal bly.


Sers. Leon Fortuin, ’n polisiewoordvoerder, sê die Seepunt-polisie is omstreeks 11:55 oor die brand ingelig en na die toneel ontbied.

“By ons aankoms het ons bevind dat die woonstel afgebrand het weens ’n brand wat per ongeluk deur 'n verwarmer veroorsaak is. Geen misdaad word vermoed nie.”