OP DIE oog af is dit ’n klassieke prentjie: Drie pragtige ma’s sit op die strand en gesels oor hul kleingoed.

Al drie is beroepsvroue, maar hul kinders gee sin aan die lewe.

Manju Moodley (34) vertel liefderik van haar twee, Yadin (3) en Tamesha (2). ‘‘Ek kon nooit vir Yadin ’n lekker gee as sy sussie nie ook een kry nie . . . Ek leef vir hulle,’’ sê sy.

‘‘Dis hy wat my aan die gang hou,’’ vertel Debra Bouwer (41) van haar driejarige Lee.

Debbie Adlington (46), wat vir die naweek in Kaapstad gasvrou speel vir Manju van Johannesburg en Debra van George, stem heelhartig saam.

Was dit nie vir haar drie kinders wat sy nie wou teleurstel nie, het sy nooit geveg om oorlewing toe sy amper nege jaar gelede byna met ’n byl doodgekap is nie.

Soos ma’s by die skoolhek of oor tee oor hul kinders gesels, ruil hierdie drie vandag vrolike staaltjies uit.

Maar die kinders oor wie hulle gesels, is almal dood. Almal vermoor deur hul eie pa’s.

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 9 Desember 2010