Sy en sy vrou se eersteling is nou al drie jaar oud, en boonop is die akteur pas vir ’n Huisgenoot Tempo-toekenning benoem.

'Dis ’n groot voorreg om benoem te word.'

“Dis ’n groot voorreg om benoem te word. Dis my eerste keer,” het Stian gesê oor sy benoeming as akteur van die jaar in ’n drama of ’n sitkom vir sy spel in Vallei van Sluiers.

Hy meen sy vrou, Truda, dra baie by tot sy loopbaansukses. “Sy is fantasties. Sy laat my alles en nog meer toe. Ek weet nie hoe sy dit regkry om voltyds te werk en dan nog die ‘vroegaandrebellie’ deur te gaan nie,” skerts hy met verwysing na hul kind, Hendrik Johannes Jacobus. “Ons het wel ’n baie goeie ondersteuningsnetwerk. Skoonma kom help baie uit Oudtshoorn wanneer ek weg is vir werk en vriende wat naby ons is, help ook baie,” sê hy. “Die beste benadering is om nie daaraan (die besige program) te dink nie en dit te vat soos dit kom,” is sy raad. Ander benoemdes in hierdie kategorie is Chris van Niekerk (Vlug na Egipte), Frank Opperman (Vlug na Egipte, Die Munisipaliteit van Gwarra-Gwarra, Pandjieswinkelstories), Marcel van Heerden (Die Munisipaliteit van Gwarra-Gwarra), Marno van der Merwe (Sterlopers) en Nico Panagio (Vallei van Sluiers). Die toekennings vind op 9 Junie by Emperors Palace plaas en een leser kan ’n splinternuwe Suzuki SX4 1.6 GLX MT-meerdoelvoertuig van R295 900 wen! Al wat jy moet doen, is om vir jou gunsteling te stem.

Stem vir jou gunsteling - klik hier!

600X450