Die voorval het Maandagaand om 20:30 by hul huis in Leeuwenhofstraat, Hospitaalpark afgespeel, het die polisiewoordvoerder kapt. Chaka Marope gesê.

“Die man het na sy pa se huis gegaan en sy vuurwapen gesteel. Hy het toe huis toe gegaan en op sy dogter in die oprit afgekom en haar geskiet,” sê Chaka.

Die 17-jarige meisie is in die nek en linkerbobeen geskiet, sê hy.

“Nadat hy sy dogter geskiet het, het hy by die huis ingegaan en sy vrou en vierjarige seuntjie gyselaar gehou. Hy het ook verskeie skote in die huis afgevuur, maar sy vrou en seun is ongedeerd.”

Chaka sê die man het homself in die maag gesteek en die vuurwapen op homself gerig nadat hy verskeie skote afgevuur het.

Daar is met die man en sy dogter, albei in kritieke toestand, hospitaal toe gejaag. Die motief vir die skietery is onbekend.

Die polisie ondersoek ’n saak van poging tot moord, onwettige besit van ’n vuurwapen en die rig van ’n vuurwapen.

Bron: News 24

Source