Drie lede van dieselfde gesin is Sondag dood in ’n grusame ongeluk op die N3 naby Pinetown.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescuecare, sê die motor met drie insittendes, ’n egpaar en hul volwasse seun, het teen ’n brug se pilaar op die M13-oorpad in Paradise Valley gebots.

“ ’n Enkele voertuig het die pad verlaat en teen ’n betonpilaar gebots en op sy dak tot stilstand gekom. ’n Pa, ma en seun was in die voertuig,” sê hy.

“Twee pasiënte is in die wrakstukke vasgekeer en het ernstige beserings opgedoen. Ongelukkig kon die paramedici niks meer doen nie en hulle is op die toneel dood verklaar,” sê Garrith.

Hy sê die pa het die aanvanklike botsing oorleef, maar was in ’n kritieke toestand.

“Rescuecare se gevorderde lewensondersteuning-paramedici het gewerk om die man op die toneel te stabiliser, maar weens die erns van sy beserings het hy ook op die toneel gesterf.”

Bron: News24