Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, sê die vierjarige Peter Frans is in die hospitaal dood kort nadat die hond hom net voor tienuur die aand gebyt het.

Die kind het glo op die werf van hul huis in Bridgton gespeel toe die tragedie gebeur. “Hy is aan die nek en gesig gebyt. Sy ouers het die bloedverlies met ’n handdoek probeer stuit en hy is na die Oudtshoorn-hospitaal geneem,” sê Malcolm.

Die kind is ’n rukkie later oorlede. Malcolm het bevestig die voorval word ondersoek. Die hond is blykbaar ná die voorval van kant gemaak.

Bron: News24