[caption id="attachment_105303" align="alignnone" width="600"]Foto: Facebook Foto: Facebook[/caption]

Netwerk24 berig Santie Lourens is Woensdag oorlede ná die motor waarin sy en haar gesin gery het, naby die Namibiese grens verongeluk het.

Haar man, Peter, is nie ernstig beseer nie. Hul twee seuns Henro (19) en Adriaan (15) is na die Mediclinic in Durbanville geneem.

’n Woordvoerder van die hospitaal het bevestig dat albei vir operasies en toetse opgeneem is.

“Adriaan se toestand is stabiel en bevredigend. Henro is reeds ontslaan,” het Deon Lourens, die woordvoerder, gesê.

Peter, wat in finansies werk, het Woensdagaand laat op sy Facebook-bladsy ’n foto van Santie geplaas en geskryf: “Rus sag, my liefste vrou. Dankie Vader vir die 23 jaar saam.”

Die familie was oppad terug na Suid-Afrika na ’n familievakansie in Namibië.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.

Bron: Netwerk24

Lees ook op Netwerk24: