[caption id="attachment_87767" align="alignnone" width="600"]Foto is net ter illustrasie (greatstock.co.za) Foto is net ter illustrasie (greatstock.co.za)[/caption]

Die hamster, genaamd Pebbles, het glo op 30 Oktober die brand gestig deur ’n oond aan te sit.

Tracey Hill het Pebbles vir die nag in die kombuis gesit omdat hy geraas en hulle uit die slaap gehou het.

Hulle het die rustelose knaagdier se hok op die elektriese oond gesit sodat hy buite die bereik van hul honde is.

Maar hy het aanhou op sy wiel hardloop en die hok het op ’n manier nader aan die knoppies beweeg en een van die plate aangeskakel.

Die hok het aan die brand geraak, wat Pebbles, twee van die honde en ’n chinchilla se dood veroorsaak het – en Tracey en haar seun, Kae, moes in hul nagklere uit die huis ontsnap.

Die twee is gered te danke aan ’n rookalarm, wat hulle die oggend halfvyf ontwaak het. Hulle het toe besef die kombuis en sitkamer is vol dodelike rook.

Maar hul tweeverdiepinghuis in Bletchley, Bucks, het sowat R360 000 skade opgedoen.

Tracey en Kae were is albei vir rookinaseming behandel en het tydelike verblyf.

Die Jack Russell Twiggy en Poppy, ’n Yorkshire-terriër, het in die brand omgekom.

’n Derde terriër het oorleef, maar die gesin het net met die klere op hul rug ontsnap.

Bronne: The Mirror, Daily Telegraph, NY Daily News