[caption id="attachment_165081" align="alignnone" width="600"]Cas Schmidt saam sy vrou Elsa.  Foto: Verskaf Cas Schmidt saam sy vrou Elsa. Foto: Verskaf[/caption]

Cas Schmidt (67) is dood gevind op sy plaas, Kleinfontein, nadat ’n skoot uit sy eie haelgeweer hom getref het.

Brig. Miranda Mills, polisiewoordvoerder, sê Cas het sy haelgeweer onder ’n boom gesit. Toe hy die geweer wou optel, het die sneller in die boom se takke vasgehaak en ‘n skoot het in Cas se gesig afgegaan.

’n Plaaswerker het die fratsongeluk sien gebeur en hom na die boer gehaas.

Miranda sê in hierdie stadium word geen vuilspel vermoed nie en dit lyk of dit ’n fratsongeluk was.

Volgens Cas se familie was hy Saterdag op die plaas besig om die skape na te gaan toe die ongeluk gebeur.

Cas boer al sy lewe lank en was lid van die plaaslike boerevereniging. Hy word oorleef deur sy vrou, Elsa, en hul vier kinders.