Hul huwelik het gelyk soos die uitsondering in Hollywood waar egskeidings om elke hoek en draai gebeur; dit het gelyk soos ’n liefde wat die gedurige kollig kon weerstaan.

brad3

Daarom was aanhangers geskok toe die nuus breek dat Angelina Jolie (41) aansoek om ’n egskeiding van Brad Pitt (52) gedoen het.

Selfs Angie se pa, die akteur Jon Voight, het niks daarvan geweet toe hy daaroor uitgevra is nie. “Iets baie ernstigs moes gebeur het vir Angie om so ’n besluit te maak,” het hy aan Inside Edition gesê.

“Ek weet nie wat die rede is nie, dis ’n hartseer ding. Bid vir hulle. Ek’s bekommerd oor Angie en die kinders en sal hulle hopelik binnekort sien.”

Brad se vae verklaring dat hy nou gaan fokus op hul kinders het nie veel van ’n verduideliking gebied nie, en behalwe vir die “onversoenbare verskille” wat in hofdokumente aangedui is, het Angie ook niks verklap nie.

[caption id="attachment_137802" align="alignnone" width="608"]Brad Pitt. Foto: WENN Brad Pitt. Foto: Dan Jackman/WENN.com[/caption]

Wat kon dus aanleiding tot die skokkende skeiding gegee het? Die skinderpers het só bespiegel:

1. Brad ‘gebruik dwelms”

Volgens TMZ was Angie “keelvol” vir haar man se misbruik van “dagga en moontlik drank” en bekommerd oor die invloed wat dit op hul ses kinders kan hê.

En NYMag wys daarop dat dit nie heeltemal so vergesog is nie, want Brad het in 2013 aan die tydskrif Esquire vertel hy’t dwelms gelos om ’n gesin te hê.

“Ek het vir ’n lank ruk te veel skade – dwelmskade – aangerig. Ek was ’n bietjie van ’n swerwer. ’n Ou wat gevoel het hy’t in ’n vakuum grootgeword en dinge wou sien, geïnspireer wou wees. Ek het daardie pad gevolg.”

2. Brad se “ouerskapstyl” het Angie ontstel

Die skinderwebblad TMZ het “bronne na aan die paartjie” aangehaal wat sê “Angelina se besluit om hom vir ’n egskeiding te dagvaar, het te doen met die manier hoe Brad die kinders grootmaak . . . sy’s uiters ontsteld met sy metodes.”

Of daar enige waarheid in steek, is ’n ope vraag, maar die feit dat Angie vir volledige toesig oor Maddox (15), Pax (12), Zahara (11), Shiloh (10) en die tweeling Knox en Vivienne (8) gevra het, is ’n aanduiding dat sy nie hou van die idee dat Brad die leisels oorneem nie.

Sy’t vir haar man (en die biologiese pa van Shiloh en die tweeling) gesamentlike toesig oor hul ses kinders gebied, wat beteken Brad kry slegs besoekreg. Angie se prokureur, Robert Offer, het gesê sy’t die besluit “vir die welstand van die gesin” gedoen.

3. Brad se woedebuie

Die skinderblad beweer die aktrise en regisseur voel Brad se “woedeprobleem” het “’n gevaar vir die kinders” geraak.

4. Brad het ’n affair gehad

Volgens Page Six het Angie geglo Brad “fuif” met een van sy medesterre – en as jy kyk na die omstandighede waaronder hulle ontmoet het (op die stel van die fliek Mr & Mrs Smith in 2005 toe Brad met Jennifer Aniston getroud was) is dit nie so vergesog nie.

Volgens Page Six het ’n agterdogtige Angie ’n privaat speurder gehuur, wat glo vir Brad met Marion Cotillard, sy medester in die fliek Allied, betrap het.

“Sy’t ’n privaat speurder gehuur omdat sy gevoel het hy loop rond op die stel en dit was toe die geval,” vertel die bron. “En dit was die laaste strooi.”

[caption id="attachment_137803" align="alignnone" width="600"]Brad en Marion op stel 6 Mei 2016. Foto: AW/WENN.com Brad en Marion op stel 6 Mei 2016. Foto: AW/WENN.com[/caption]

Maar MailOnline het ’n bron na aan Marion se familie in haar tuisstad Parys aangehaal wat gesê het die 40-jarige aktrise is in ’n verhouding met die akteur Guillaume Canet.

“Marion en Guillaume is dolgelukking en hierdie soort bewerings is nie wat sy wil hoor nie. Bewerings dat sy Guillaume met Brad verneuk het, sal haar verpletter. Dit klink glad nie soos sy nie.”

5. Die Russiese prositute

Page Six se bron het ook vertel: “Die atmosfeer (op die stel van die Tweede Wêreldoorlodrama Allied) was gelaai met dwelms en Russiese prostitute en Angie het gehoor Brad is daarby betrek. Hy beleef ’n middeljarekrisis en Angie is keelvol.”

6. Daar was een of ander “voorval”

US Magazine Us Weekly se bron sê die besluit om te skei was beslis so uit die bloute soos dit voorkom en dat Angie so besluit het ná ’n reuse voorval enkele dae gelede.

“Die finale besluit om te skei is eers ’n week terug geneem,” vertel die bron. “Daar was ’n voorval wat Angie laat besluit het om dit te doen.”

Dis onduidelik wat gebeur het, maar “dit het die hele gesin geraak,” vertel die bron.

Bronne: NYMag, MailOnline, TMZ, US Weekly, Page Six