Die Grenoble Universiteitshospitaal waar Michael Schumacher behandel word, het gerugte ontken dat die Formule Een-legende dood is.

Facebook, Twitter en ander sosiale media het omtrent Vrydag gegons met die nuus dat Schumacher dood is, maar die hospitaal ontken dit ten sterkte.

Sedert die gerugte van sy dood opgevlam het, het joernaliste om die hospitaal begin vergader.

Schumacher is verlede week uit sy geïnduseerde koma gehaal, en toe was daar weer gerugte dat die renjaer sy oë tydens toetse geknip het en wel vordering maak.

Bron: Mail Online