As jy behep is met mode en ’n hupstootjie in die bedryf nodig het, dan bied die bekende plaaslike ontwerper Gert-Johan Coetzee jou die ideale geleentheid. Die Gert-Johan Coetzee-modebeurs van R160 000 sal aan een gelukkige student toegeken word vir studie aan die North West School of Design – sy alma mater – in Klerksdorp. “Ek wil graag kan teruggee en dit is my kans,” sê Gert-Johan.

Die beurs dek studiemateriaal en klasgeld vir die drie-jaar-kursus en sluit ook ’n Bernina-naaimasjien van R30 000 in. Natuurlik is Gert-Johan daadwerklik betrokke by die kollege. Die suksesvolle student sal geëerd wees om hom as mentor te hê in sy ateljee in Johannesburg.

Gert het al van die voorste vermaakmense soos Kourtney Kardashian en The Hills-ster Kristin Cavallari geklee. Dan is daar ook natuurlik ’n rits plaaslike glansmense wat toustaan om hul naels in een van Gert-Johan se skeppings te slaan. Die Top Billing-aanbieder Bonang Matheba is die gesig van sy etiket en sê: “Gert ken die vroulike liggaam die beste van almal.”

Of jy dus daarvan hou om idee te skets, fyn oplet na detail of eenvoudig net behep is met alles met mode verband hou, hier is jou groot kans. Besoek northwestschoolofdesign.co.za vir nadere besonderhede. Terloops, jy kan inskryf tot 30 September; so spring aan die werk!