“Wat vir my baie interessant is, is dat jy in die hof wil kom praat oor toestande in tronke terwyl jy nie weet hoe dit bedryf word nie.”

[caption id="attachment_73136" align="alignnone" width="600"](Foto: Alet Pretorius/Media24/Sapa) (Foto: Alet Pretorius/Media24/Sapa)[/caption]

Die aanklaer, Gerrie Nel, het sy kruisondervraging van die maatskaplike werker en toesigbeampte Annette Vergeer voortgesit oor die wet op korrektiewe dienste en toestande in tronke. “Wat vir my baie interessant is, is dat jy in die hof wil kom praat oor toestande in tronke terwyl jy nie weet hoe dit bedryf word nie. Hoe kan jy dit doen?” het Gerrie haar gevra. “Dit is vir my so onverantwoordelik dat jy met ’n mening na die hof sou kom, maar jy weet niks van die departement van korrektiewe dienste nie en werk vir ’n ander staatsdepartement.”

'Dit is ’n mening, U Edele, van ondervinding.'

Annette het geantwoord: “Dit is ’n mening, U Edele, van ondervinding.”

Gerrie het gesê dit is “kommerwekkend” dat Annette getuig oor toestande in tronke, maar het nie die inligting wat sy kry, kontroleer nie.

Sy het aan die hof gesê sy het die maatskaplike werker se kantoor in ’n tronk gebel en met ’n persoon (wat anoniem wil bly) oor die toestande gepraat, maar het nie die inligting gekontroleer nie.

Gerrie het gesê Annette het dit in haar verslag as feit weergegee dat tronke nie fasiliteite soos baddens het vir liggaamlik gestremde mense nie.

Sy het toegegee dat sy nooit spesifiek gevra het of daar baddens is nie.

Annette het haar verslag Dinsdag voorgelê. Die verdediging het haar betaal om dit saam te stel.

Woensdag het Gerrie Annette gevra of sy daarvan bewus is dat gevangenes ’n enkelsel kan aanvra en dat mediese personeel ook ’n enkelsel vir ’n gevangene kon aanbeveel.

Hy het gesê daar was ’n regulasie dat geen mediese toestelle, soos prosteses, van gevangenes weggeneem kan word nie.

Annette het gesê sy het nie dit geweet nie.

“Ek is net bekommerd dat jy as privaat toesigbeampte na die hof kom en kla oor die toestande tronke, maar jy weet nie dit nie,” het Gerrie gesê.

“U Edele, ek ken nie elke enkele wet nie,” het Annette gesê.

Sy het gesê sy het getuig van haar ervaring en wat sy in onderhoude gehoor het.

She said she testified on her experience and what she had been told in interviews.

Op 12 September is Oscar skuldig bevind aan die strafbare manslag van sy meisie, die model en regsgeleerde Reeva Steenkamp, maar nie van haar moord nie.